
WEES MAGNETIES IN DIE WES-KAAP
Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in Suid-Afrika te ondersteun by die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch vanaf 21 tot 23 Augustus 2025.
Koop ‘n dagpas-kaartjie en sien al die vertonings van die dag vir die prys van een.
Streeksfees-dagprogram (Donderdag tot Vrydag). Raadpleeg asseblief die program.
10:20 – Vertoning 1
12:00 – Vertoning 2
14:10 – Vertoning 3
15:50 – Vertoning 4
17:30 – Vertoning 5
19:40 – Vertoning 6
Lees die program hier vir meer besonderhede. (Link to programme: KLIK HIER OM DIE PROGRAM TE BEKYK). Die program is onderhewig aan veranderinge.
Die streeksfeesfinaal vind op Saterdag 23 Augustus om 16:30 plaas. Die streeksfeesfinaliste word op Vrydag-aand, 22 Augustus na 22:00 op die ATKV se sosiale media bladsye aangekondig.
Meer oor ATKV-Tienertoneel:
Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek al vir een-en-sestig jaar ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.
📅 21–23 August 2025
📍 Pam Golding Baxter Theatre, Rondebosch
🎭 Theatre | Youth Festival | Afrikaans
Support the future of South African theatre as young high school talent takes the stage during this regional leg of the ATKV-Tienertoneel festival. Enjoy a full day of mini-productions with just one day-pass ticket.
🕒 Daily Schedule (Thu–Fri):
10:20, 12:00, 14:10, 15:50, 17:30, 19:40
📣 Finalists announced on ATKV’s social media – 22 August after 22:00
🎉 Regional finals: Sat 23 August, 16:30
🔗 View full programme and times here
🎟️ Tickets: Day passes available via Webtickets
The ATKV-Tienertoneel competition is the longest-running project of ATKV, developing a love for Afrikaans theatre among high school learners for over 61 years. Learners engage in all aspects of theatrical production — from acting and writing to lighting, makeup, set design, and promotion. Regional festivals take place across South Africa, culminating in a one-of-a-kind national final that crowns the best of the best.